Vrystaatse man naby taverne vermoor
2012-01-30 19:57
Johannesburg – ‘n Vrystaatse man is vermoor tydens ‘n argument buite ‘n taverne naby Ficksburg, het die polisie Maandag gesê.
Petrus Sonopo (36) het Sondag omstreeks 22:00 huis toe gestap van ‘n taverne in Clocolan af toe ‘n man en ‘n vrou hom agtervolg het, het sers. Yanga Ngcukana gesê.
‘n Argument het tussen Sonopo en die twee ontstaan en hy is in die bors gesteek. Hy het op die toneel gesterf.
“Die oorsaak van die struweling is onbekend en maak deel uit van die ondersoek.”
Die polisie het die man en die vrou ‘n paar uur later in die gebied in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Clocolan-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA