Vrystaatse boer val by krans af
2010-08-07 23:13
Johannesburg – Dit het intussen aan die lig gekom dat dit ‘n Vrystaatse boer is wat Saterdagoggend sowat 60m vanaf ‘n krans geval het op sy plaas.
Nuus24 het vroeër berig dat die man ernstige beserings opgedoen het.
Volgens Chris Botha, Netcare911-woordvoerder, het die boer en sy vriende Saterdagoggend omstreeks 09:00 op ‘n berg gaan stap.
“Die man het geval en sy vriende moes terugstap om hulp te ontmoet. Netcare 911-paramedici het Saterdagmiddag ‘n noodoproep ontvang en was teen 17:00 op die toneel.
“Die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer alvorens hy met ‘n weermaghelikopter na ‘n hospitaal in Bloemfontein vervoer is,” het Botha gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24