Vrystaatse LUR sterf in motorongeluk
2012-12-02 20:12
Bloemfontein – Fundiswa "Fezi" Ngubentombi, die Vrystaat se LUR vir gesondheid, en 'n polisiebeampte het in 'n motorongeluk op die N1 buite Bloemfontein gesterf, het die Vrystaatse plaaslike regering Sondag bevestig.
Elzabe Rockman, direkteur-generaal van die Vrystaat, het gesê Ngubentombi en een van haar lyfwagte, sers. BC Motaung, is in die ongeluk dood, wat Saterdag plaasgevind het.
'n Kind en nog 'n polisielid is beseer. Die beseerdes is volgens Rockman in 'n stabiele toestand in die hospitaal, en sal glo volkome herstel.
Ngubentombi, 'n voormalige onderwyseres en ma van vyf kinders, is in Februarie 2011 as die LUR vir gesondheid aangewys, ná sy sedert 2009 as LUR vir openbare werke en landelike ontwikkeling gedien het.
Rockman het haar medelye met Ngubentombi se familie, vriende en kollegas betuig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA