Vroue wil nie Zuma-kinders onderhou

2010-02-18 08:40
Tweets Share Share line Print

Alicestine October

Kaapstad - Belastingbetalers betaal vir pres. Jacob Zuma se kinders, maar óns kinders ly honger.

Dít was van die uitlatings Woensdag voor die parlement toe lede van vroue-organisasies opgeruk het om hul stemme dik te maak teen onder meer hoë kospryse en geweld teen vroue en kinders.

Terwyl daar buite voete gestamp is, het parlementariërs binne die parlement na die begrotingsrede geluister.

Die organisasies dring ook aan op beter prosesse waardeur groter deelname van arm vroue en kinders aan die begrotingsproses beding kan word.

Daar is ook ’n beroep gedoen om strenger finansiële beheer oor uitgawes en vrou-sensitiewe begrotings.

Luidens die memorandum moet begrotingsprioriteite die behoeftes van die armes en gemarginaliseerdes in die samelewing in ag neem.

“Ek kyk so na die konvooie Mercedesse en dan dink ek by myself daar gaan ’n kliniek,” het Tumelo Kgosimmele van die Gender Advocacy-groep gesê.

Sweetgirl Vanqa, ’n ma van vier van Mfuleni, het kommer uitgespreek omdat nie-regeringsorganisasies, soos die tuisversorgers, nou minder geld kry.

Vanqa is werkloos en doen vrywillige tuisversorging van siek mense.

Sy word die afgelope drie jaar nie daarvoor betaal nie.

“Ek is nie tevrede met dié regering nie. Ons het almal vir Zuma gestem.

“Hy moet na ons kyk. Hy moet onthou die leer waarop hy staan kan maklik val.”

Fatima Shabodien, direkteur van die Women on Farms-projek, het gesê daar word al meer as 15 jaar gewag vir ’n beleid oor vroue wat gefinaliseer moet word.

“En elke keer weerspieël die begroting nie dit wat oor vroue gesê word nie.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.