Vroue tronk toe oor vliegkaartjie-sameswering

2011-07-20 21:17
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Twee vroue is Woensdag drie jaar tronkstraf elk opgelê nadat hulle saamgesweer het om debiet- en kredietkaarte te kloon en op bedrieglike wyse vliegkaartjies aan te koop.

Naomi Nhira (30) en Nomsa Hcube (24) het in die Spesiale Hof vir Kommersiële misdade in Bellville voor landdros Amrith Chabilall verskyn.

Die vroue – albei Zimbabwiërs – het vir ‘n kruideniersware-winkel in Kampsbaai gewerk toe die misdaad gepleeg is.

Hulle is skuldig bevind op 67 aanklagte van bedrog. Die polisie kon nie vasstel wat van die vliegkaartjies geword het nie.

Die lugrederye by wie die kaartjies gekoop is, is 1 Time Airways, Kulula, British Airways en SAA.

Die sameswering het aan die lig gekom toe kliënte van die winkel gekla het oor onwettige transaksies op hul krediet- of debietkaarte.

Die eienaar van die winkel het Hcube, die kassier, toe begin monitor. Hy het opgemerk dat elke keer wanneer ‘n kliënt met ‘n debiet- of kredietkaart betaal het, sy die nommer op ‘n stukkie papier sou neerskryf en dit dan aan Nhira, in die bakkery, sou aangee.

‘n Nigeriese man, Asagie Stanley Amomagiowani (33), het saam met die vroue verskyn. Hy het ook tereg gestaan op aanklagte wat met sameswering en bedrog verband hou, maar is vrygespreek. Hy is wel daaraan skuldig bevind dat hy die immigrasiewet oortree het. Hy is ‘n boete van R10 000 of drie maande tronkstraf opgelê.

Chabilall het beveel dat die twee vroue vir twee en ‘n half jaar in huisarres vrygelaat word nadat hulle ses maande van hul tronkstraf uitgedien het.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.