Vroue sterf na hulle brand wou blus
2009-08-30 11:51
Johannesburg – Drie vroue is dood en vyf ander is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hulle ’n veldbrand wou blus.
Die brand het Sondagoggend in Bukwini, Mthatha in die Oos-Kaap uitgebreek.
Supt. Mzukisi Fatyela, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die vroue het probeer om die brand te blus, maar die brand wat te groot en die wind te sterk.
Die vyf vroue het erge brandwonde opgedoen en word ook vir rookinaseming in die hospitaal behandel.
Drie hutte is in die brand in puin gelê.
– Sapa