Vroue se vals eisplan van miljoene gefnuik

2011-11-06 11:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Twee Overbergse vroue se plan dat die een dood sou speel sodat ’n lewenspolis van R3 miljoen aan die ander een uitbetaal kon word, het lelik skeefgeloop toe die “dooie” verlede week vasgetrek is.

Die “dooie” Hanelie Nel (48) van Somerset-Wes het die afgelope Maandag op aanklag van polisbedrog in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

’n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van haar eertydse lewensmaat, Doretha Kotze (57). Hul verhouding het glo kort ná die beweerde misdaad op die rotse beland.

Die plan was glo dat Nel dood sou speel sodat die versekeraar Liberty-Lewens ’n lewenspolis van R3 miljoen aan Kotze, die begunstigde, sou uitbetaal.

Maar bedrog is vermoed toe die eisvorms verwerk is, sê ’n woordvoerder van Liberty-Lewens. Die polisie se bedrogeenheid is toe ontbied.

Charlene van Graan (36), wat by die begrafnisondernemer Avbob in Caledon gewerk het, het saam met Nel in die hof verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Sy het na bewering gehelp om Nel se “doodsertifikaat” (met die belofte van ’n ruim “vergoeding”) te vervals.

Kotze en Nel het vroeër ’n bakkery op dié dorp bedryf. En nou gons dit in Caledon oor die vroue se “swak” papierwerk wat hul kans op kitsrykdom verydel het.

Dié sertifikaat, wat glo in die Paarl uitgereik is, wemel van ongerymdhede. Op die sertifikaat word aangedui dat Nel in Bloemfontein gesterf het en in Worcester veras is. Maar die kremato­rium in dié dorp het geen rekord van Nel se “verassing” nie.

Intussen is ook vasgestel dat die dokter wat kwansuis die doodsertifikaat onderteken het ten tyde van die “sterfgeval” oorsee was.

Maar as die doodsertifikaat ’n swak draaiboek is, lyk die verhaal van Nel se “afsterwe” na ’n makabere “lyk-” tog oor die hele land heen. ’n Werker wat die “lyk” in Hermanus gaan haal het en liefs naamloos wil bly, sê nou dat Nel op pad na die hospitaal aan ’n “hartaanval” dood is.

Maar hy kon Nel ongelukkig nie beskryf nie omdat die “oorledene” glo ’n “lappie” oor die gesig gehad het. En toe het “onbekende” mense glo die lyk laat haal en na Bloemfontein geneem.

Rapport het Kotze in Bultfontein in die Vrystaat opgespoor, maar sy het bloot gesê dis vir haar ’n baie moeilike situasie en haar prokureur sal verder praat. Koot Oosthuizen, Kotze se prokureur, het by navraag gesê sy kliënt gaan nie kommentaar lewer nie.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê nog ’n klag ingevolge die geboorte- en sterfteregistrasie- en versekeringswetgewing is by die klagstaat gevoeg.

Nel gaan Dinsdag om borgtog aansoek doen. Die saak kom weer op 7 Desember voor.

- Rapport

Lees meer oor: kan jy glo?  |  bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.