Vroue in hof oor inisiasie-moord
2012-12-20 13:22
Johannesburg – Ses meisies en vier vroue wat daarvan aangekla word dat hulle 'n vrou vermoor het nadat sy uit 'n inisiasieskool ontsnap het, het in die Hartswater-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn.
Die saak is tot 9 Januarie uitgestel, het die polisiewoordvoerder Olebogeng Tawana Donderdag gesê.
Die tien verdagtes het Gabaediwe Motsage glo Dinsdag met 'n sambok geslaan waarna hulle haar doodgegooi het met klippe.
Motsage (22) is Dinsdag in die inisiasieskool opgeneem, maar het dieselfde aand nog ontsnap.
Die groep verdagtes het na die slagoffer se huis gegaan waar hulle haar probeer oortuig het om na die skool terug te keer.
Hulle was glo bang dat sy geheime van die inisiasie-proses sou verklap.
Sy is aangerand toe hulle haar na die skool teruggebring het.
Die polisie en paramedici is in kennis gestel, maar Motsage is weens erge kopbeserings dood verklaar.
Volg Nuus24 op Twitter.