Vrou, vier kinders sterf in Jhb-brand
2011-07-13 07:05
Johannesburg – 'n Vrou en vier kinders, tussen ses maande en vier jaar oud, is dood nadat hul huis in Ormonde, suidelike Johannesburg, aan die brand geslaan het.
Brandbestryders sê aanvanklike ondersoeke toon dat die brand in een van die slaapkamers ontstaan het.
Polisievoertuie en brandweerwaens is op die toneel waar bure en familie buite die huis byeengekom het.
Die kinders se pa is na 'n hospitaal geneem waar hy vir rookinaseming behandel word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter