Vrou vermoor kêrel in slaap
2010-06-29 15:03
Johannesburg – ‘n 37-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar 40-jarige kêrel Maandag in Steytlerville doodgesteek het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Sy het hom in die nek gesteek nadat hulle te veel gedrink het, het adj. off. Matthews Nelani gesê.
“Hulle het die hele nag baie gedrink, en albei was besope toe hulle huistoe gegaan het.
“Hulle het op die bed aan die slaap geraak, waarna die vrou ‘n paar uur later wakker geskrik het. Sy het toe sonder enige rede ‘n mes gaan haal en haar kêrel twee keer in die nek gesteek terwyl hy geslaap het. Hy is opslag dood.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA