Vrou verloor man, kinders in ongeluk
2009-12-28 02:36
Johannesburg - Drie mense is dood en vyf ander beseer toe ‘n bakkie en ‘n Audi op die R82 in Kargbron naby Sasolburg gebots het, het Netcare911 Sondag gesê.
Die bestuurder van die bakkie en sy twee kinders van vyf en agt jaar oud is opslag dood.
“Die kinders se ma is ernstig beseer en was in die wrak vasgevang,” het Chris Botha in ‘n verklaring gesê.
Die bestuurder van die Audi en sy vrou is in ‘n kritieke toestand terwyl hul kinders (11 en 14 jaar oud) ook ernstig beseer is.
- Sapa