Vrou verloor lus om te leef ná plaasmoord

2011-02-27 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Sy sal nooit kan terugkeer plaas toe nie, sê Gail von Brandis.

Van haar en haar man se plaasopstal buite Groot Marico is net ’n bouval oor.

Von Brandis woon nou “agter slot en grendel” op die dorp.

Sy huil opnuut by die onthou van die nag ’n jaar gelede toe sy en haar man, Ben, aangeval is.

Gesmelte plastiek is oor haar bene gedrup. Sy is herhaaldelik gewurg.

“Ek dink hulle wou my bang maak,” onthou sy.

Sy moes kyk hoe haar man met ’n byl op sy kop, in sy gesig en oor sy bene gekap word voordat hy vir dood agter gelaat is.

Hy het oorleef, maar sal nooit volkome van sy beserings herstel nie. Die Von Brandisse is net terug plaas toe om hul besittings te pak.

Retha du Plessis se broers, Kobus en Piet Potgieter, is albei op die familieplaas vermoor.

Kobus is in 1995 vermoor en Piet in 2001.

Verdagtes is aangekeer en aangekla, maar in albei sake het die vermeende moordenaars skotvry uit die hof gestap.

Sy glo haar twee broers se dood het ook hul bejaarde, siek pa se dood verhaas.

“Kobus se vrou en sy kinders het weggetrek. Dit is nog ’n deel van ’n mens se familie wat weg is.”

Sy sê ’n mens verloor jou lus om te lewe ná sulke sinnelose moorde.

“Ek het opgehou tob daaroor. ’n Mens sal in ’n gestig beland as jy heeltyd wonder.”

Sy koester nie haat nie. “As ek die moordenaars vandag moet raakloop, sal ek net omdraai. Ek het niks vir hulle te sê nie.”

Haar kinders en die kinders van haar vermoorde broers is egter baie opstandig.

Du Plessis en haar gesin woon steeds op die familieplaas waar haar broers dood is.

“Waarheen sal ons gaan? Die Here hou sy hand oor ons,” sê sy gelate.

- Rapport

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.