Vrou verloor arm in fabriek
2011-10-31 15:30
Johannesburg – 'n Vrou se arm is afgesny toe dit in 'n vleisverwerker by 'n fabriek in Diepsloot vasgevang is, het paramedici gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare, het gesê die vrou was besig om vleis in die meganiese verwerker gesit toe haar arm in die masjien vasgevang is.
Die vrou is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na 'n privaathospitaal in Fourways, noord van Johannesburg, geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA