Vrou verkrag, versmoor
2012-02-05 15:48
Johannesburg – Die lyk van ‘n vrou wat verkrag en versmoor is, is in Kagiso in die Krugersdorp-gebied gevind, het die Gautengse polisie gesê.
Ao. Solomon Sibiya, 'n woordvoerder vir die polisie, sê inwoners van Sinqobile het op die 40-jarige vrou se lyk afgekom.
Die inwoners het haar Sondagoggend om 08:30 in ‘n veld naby die Madala Hostel gevind.
Die vrou, wat in die gebied gewoon het, se naam mag nog nie bekendgemaak word nie, aangesien die polisie nog op soek is na haar familielede.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA