Vrou verkrag terwyl sy vir taxi wag
2011-11-18 18:15
Johannesburg – ‘n Vrou wat langs die Leratong-hospitaal op
die Wesrand vir ‘n taxi gewag het, is verkrag.
Die vrou sê haar aanvallers het eers gemaak
asof hulle ook vir die taxi wag.
Hulle het egter kort voor lank daarop
aangedring dat sy haar selfoon vir hulle gee, het polisiebeampte Solomon
Sibiya, gesê.
Die vrou het haar selfoon aan hulle gegee
waarna hulle haar geklap en beveel het om haar klere uit te trek.
Hulle het haar verkrag en haar geld gesteel.
Volgens Sibiya was daar vroeër ‘n diefstal in
dieselfde area gerapporteer.
Die beskrywing van die rowers stem oor een met
die beskrywing van die verkragters.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA