Vrou vas wat glo dogter wou vergiftig
2011-06-22 19:58
Johannesburg – ‘n Vrou van Humansdorp is in hegtenis geneem nadat sy na bewering probeer het om haar tweejarige dogter te vergiftig, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag getuig.
Die vrou se verloofde het na bewering Dinsdagoggend gesien hoe sy insekdoder by die kind se melkbottel inmeng, het lt. kol. Priscilla Naidu gesê.
Hy het die bottel gegryp voordat sy die kind daarmee kon voed. Sy het die kind na bewering ook Saterdag met die stomp kant van ‘n mes geslaan.
Naidu het gesê die beserings was ook sigbaar op die kind se bolip.
Die vrou het gesê sy het op dié manier opgetree omdat sy kwaad vir haar verloofde was. Die man is nie die kind se biologiese pa nie.
Die 24-jarige vrou sal Donderdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA