Vrou vas wat baba ontvoer
2011-09-04 20:01
Johannesburg – ‘n Vrou is Sondag in Kraaifontein, Kaapstad, in hegtenis geneem nadat sy na bewering ‘n sewe maande oue babadogtertjie ontvoer het, het die polisie gesê.
Volgens lt. kol. André Traut het die polisie inligting opgevolg en die 20-jarige vrou omstreeks 15:00 in hegtenis geneem terwyl die baba in haar besit was.
Die baba se ma het haar Saterdagaand in Brooklyn by die vrou gelaat.
Toe die ma terugkeer, was haar dogter en die vrou weg.
“Die vrou is nog nie aangekla nie, maar sal binnekort in die hof verskyn,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA