Vrou vas nadat sy 4 kinders alleen tuis los

2011-08-22 08:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ’n Vrou (29) is deur die polisie in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar vier kinders, onder wie ’n maand oue baba, twee dae lank sonder kos in haar huis toegesluit het.

Dié vrou van Nellmapius in Pretoria is die naweek op ’n klag van kinderverwaarlosing gearresteer.

Drie van die kinders – onderskeidelik twee, vyf en tien jaar oud – het glo gebewe van die koue toe die polisie by dié huis opgedaag het.

Die baba het geslaap en is vir ’n mediese ondersoek na ’n hospitaal geneem.

Kapt. Jan Sepato, ’n polisiewoordvoerder, het gister gesê die bure van dié vrou het met die polisie in verbinding getree nadat hulle die kinders onophoudelik vanuit die huis hoor skreeu en huil het.

“By die polisie se aankoms was die kinders aan die bewe en baie honger, want daar was niks in die huis om te eet nie,” het Sepato gesê.

“Ons het vasgestel die vrou het die kinders in die huis toegesluit omdat sy twee dae lank by ’n mansvriend van haar gaan kuier het.”

Dié vrou het glo nog twee ander kinders, maar dié kinders se pa’s het hulle vroeër reeds van hul ma af weggevat.

“Die maand oue baba word tans nog in die hospitaal behandel en die ander drie kinders is na plekke van veiligheid geneem,” het Sepato gesê.

Hy het gesê dié vrou sal in aanhouding bly totdat sy op 26 Augustus weer in die hof verskyn. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kinderverwaarlosing  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.