Vrou vas ná sy glo baba in put gooi
2011-06-07 13:37
Polokwane – 'n 32-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die dood van haar baba in Sekgosese, het die polisie in Limpopo gesê.
"Die 14 maande oue baba is glo Sondag lewend in 'n puttoilet gegooi," het lt.kol. Mohale Ramatseba gesê.
"Daar word beweer dat die verdagte later die kind met papiere verbrand het," het hy gesê.
Die kind se verkoolde lyk is Maandag ná 'n wenk van 'n inwoner gevind.
Ramatseba het gesê die ma was dalk onder druk omdat sy vyf ander kinders gehad het om na om te sien.
"Ma's wat sukkel om hul kinders groot te maak, word aangeraai om die relevante regeringsdepartement te nader om hulp te kry eerder as om hul kinders dood te maak."
Die vrou verskyn Woensdag in die Sekgosese-landdroshof.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA