Vrou vas ná sy baba in asblik los
2010-02-09 00:20
Johannesburg - 'n 19-jarige vrou is in hegtenis geneem vir verberging van geboorte ná haar baba die afgelope naweek in 'n asblik gevind is.
Kapt. Lingisile Magama, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die baba is in 'n asblik by 'n vulstasie in Willowvale in die Oos-Kaap gevind.
Die vrou sal na verwagting Woensdag in die Dutywa-landdroshof verskyn.
– Sapa