Vrou vas ná baba se lyk gevind is
2011-10-03 19:00
Johannesburg – ‘n Vrou is Maandag in hegtenis geneem nadat haar pasgebore babaseuntjie in ‘n vullisblik in Alberton aan die Oos-Rand gevind is, het die polisie gesê.
‘n Tuinwerker het die lykie, wat in ‘n plastieksak gedruk was, omstreeks 12:00 gevind, het kapt. Manaka Raphulu gesê.
Hy het sy werkgewer daarvan in kennis gestel. Die werkgewer het toe sy 30-jarige huishulp oor die lykie gevra. Sy het erken dat die baba hare was, het Raphulu gesê.
Die vrou sal na verwagting in die landdroshof in Alberton verskyn op aanklag van verberging van geboorte.
- Volg Nuus24 op Twitter