Vrou van vermoorde boer ontslaan
2012-01-15 14:45
Noordwes – Lettie du Toit, ’n prokureur van Klerksdorp, wie se man in 'n plaasaanval op Klipplaatdrift naby Ventersdorp dood is, is uit die hospitaal ontslaan, berig RSG.
Dries du Toit (56), ’n boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, is Saterdag in die vroeë oggendure in sy huis vermoor.
Lettie is met ernstige beserings hospitaal toe geneem, terwyl haar man se 66-jarige suster, Elizabeth de Villiers (66), lig beseer is.
Kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê die aanval omstreeks 04:10 op die Du Toits se plaas Klipplaatdrift gebeur nadat vyf aanvallers toegang tot die huis verkry het, is vroeër berig.
“’n Stoeiery het tussen Du Toit en sy aanvallers ontstaan en nadat hy dood is het hulle met gesteelde goedere gevlug.”
– Volg Nuus24 op Twitter