Vrou van vermiste boer steeds hoopvol

2011-10-11 16:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die lugsoektog na 'n boer wat verlede maand in die Chobe-natuurreservaat in Botswana vermis geraak het, is afgelas, maar sy vrou hoop steeds dat hy gevind gaan word, het The Star Dinsdag berig.

"Ek leef steeds in hoop omdat hulle nog nie 'n enkele ding van hom gekry het nie – nie die botteldoppie van die water of sy horlosie nie." het Lorraine Bullen gesê terwyl die polisie en natuurkenners die soektog na die 80-jarige John Bullen voortsit.

Op 13 September het hulle na die Chobe-natuurreservaat gegaan waar hulle die aand in die Savuti-kamp sou oornag. Op pad na dié kamp het hulle besluit om na ’n ander kamp te gaan waar hulle jare gelede oorgeslaap het. Toe hulle daar kom, was die kamp egter gesluit. Plaaslike mense het die egpaar aangeraai om ’n kortpad tot by die volgende kamp te volg, het Beeld vroeër berig.

"Ons het aanhou ry en die pad het slegter geraak. Ons het nog 'n groep mans langs die pad gekry en hulle het gesê ons moet reguit aanry met die pad," het mev. Bullen gesê.

Die egpaar se Landrover het toe in die sand van ’n droë rivierbedding vasgeval en mnr. Bullen het op 14 September gaan hulp soek.

Hy het 'n byl, kompas, vyf liter water, twee blikkies vrugte en Provita-beskuitjies saamgeneem, maar is nooit weer gesien nie.

Mev. Bullen het op water en Provita-beskuitjies geleef voor 'n groep toeriste, wat ook verdwaal het, haar gevind en na 'n militêre basis geneem het vir hulp. Die toeriste het ook die voertuig uit die sand getrek.

Sy het aan The Star gesê die laaste dag toe sy gestrand was, het sy gebid.

"Dit het donker geraak toe sê ek vir die Here: 'As jy my gaan red, red my nou, maar as ek moet gaan, neem my nou.

"Die volgende ding wat ek gesien het is twee Nissan-dubbelkajuit-bakkies en toe begin ek huil."

Mev. Bullen het gesê haar man het "baie goeie stamina vir 'n man van sy ouderdom," maar sy is bekommerd dat hy nie lank in die bos sal kan oorleef nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: vermiste persone

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.