Vrou van toordery beskuldig, huis gebrand
2010-03-02 23:00
Johannesburg – ‘n Bejaarde vrou van Limpopo wat van toordery beskuldig word, se huis is in Magaung, Limpopo afgebrand, het polisie van Limpopo Maandag gesê.
‘n Groep inwoners van die dorp het die bejaarde vrou en haar dogter Maandagoggend daarvan beskuldig dat hulle met toordery deurmekaar is, het supt. Ronel Otto in ‘n verklaring gesê.
Hulle het twee huise wat aan die familie van nege behoort aan die brand gesteek.
Die gesin het na ‘n nabygeleë polisiestasie gevlug.
Niemand is beseer nie.
“Hulle is Dinsdagoggend deur familielede van ‘n ander dorpie by die Maake polisiestasie opgetel en bly nou by hulle.”
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is besig om ‘n ondersoek in brandstigting en openbare geweld te loods.
- Sapa