Vrou van Weskus sterf tragies

2010-08-17 08:17
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - ’n Kampeer-safari van twee Weskussers het in ’n tragedie geëindig toe ’n donkieketel by hul kamp in Botswana ontplof het.

Maretha Schroeder (58) van Paternoster is op slag dood toe sy teen die kop getref is deur vermoedelik ’n baksteen of ’n stuk van die ontploffende warmwatertenk.

Haar vriend, Niel van Zyl (58), ook van Paternoster, is met ernstige kopbeserings in die hoë-sorgeenheid van die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem.

Familielede het Maandagaand nog probeer vasstel wat presies gebeur het, terwyl owerhede in Botswana gesukkel het om die oorledene en beseerde se familie in Suid-Afrika op te spoor.

Die ontploffing het verlede Donderdag omstreeks 17:00 by ’n kampeerplek naby Mankwe, blykbaar bekend as die Khwai-kamp, plaasgevind, het asst.supt. W. Pule van die polisie in Maun gesê.

“Ons weet nie presies wat gebeur het nie. Dit was ’n fratsongeluk. Toe ons daar aankom, was die vrou dood en die man was al onderweg na die hospitaal.

“’n Baksteen of ’n stuk van die tenk het haar teen die kop getref. Iets het die man ook teen die kop getref. Niemand anders is beseer nie.”

Volgens Pule probeer die polisie nog ’n familielid kry wat Schroeder kan eien voordat haar oorskot na Suid-Afrika gebring kan word.

Personeel van die betrokke kampeerplek, asook ander kampeerplekke daar naby, wou Maandag nie oor die voorval praat nie.

Ren Mbulawwa, bestuurder van een van die kampe, het gesê hy weet van die voorval, “maar ons kan niks sê voordat die polisie nie hier was nie”.

Die ondersoekbeampte, ene David, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Personeel van die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Botswana het gesê hulle kan niks sê voordat hulle met die oorledene se familie in verbinding was nie.

Gevra hoe Van Zyl in Johannesburg gekom het, het Pule gesê hy is per vliegtuig soontoe gebring.

Woordvoerders van die hospitaal wou Maandagmiddag niks sê nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fratsongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.