Vrou van SA in Libië in hegtenis geneem
2013-02-18 15:53
Libië – Suid-Afrika se ambassadeur in Libië het bevestig dat 'n Suid-Afrikaanse vrou in Benghazi, Libië, in hegtenis geneem is, berig iol.
Die vrou, wie se naam nie bekend is nie, en drie ander mense is in aanhouding nadat hulle glo plaaslike Moslems wou oorreed om die Christelike geloof aan te neem, het Hussein bin Hameida, 'n sekuriteitsbeampte in Libië, aan die nuusagentskap AFP gesê.
"'n Egiptenaar, 'n Suid-Afrikaner, 'n Suid-Koreaner en 'n Sweed met 'n Amerikaanse paspoort, is Dinsdag by 'n drukkery in hegtenis geneem. Hulle het boeke, wat vra dat mense die Christelike geloof moet aanneem, gedruk.
"Libië is 'n Moslem-land en die verkondiging van 'n ander geloof is 'n misdaad onder Libiese wetgewing," het hy gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter