Vrou sterf toe tandemswaai skeefloop

2009-10-05 06:31
Tweets Share Share line Print

Hendrik en Jo-Ann Samuels

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Buks Viljoen en Aletta Otto

“Liefie! Liefie! Liefie!”

Só het ’n ernstig beseerde kaptein in die weermag eergister desperaat na sy vrou geroep en tussendeur mond-tot-mond-asemhaling op haar toegepas nadat ’n kabelswaaisprong buite Graskop, Mpumalanga, skeefgeloop het.

Kapt. Hendrik Samuels (28) en sy vrou, Jo-Ann (25), was saam in ’n harnas vasgegespe vir ’n tandemsprong en het sowat 60 m diep in die Panoramakloof gehang nadat hulle hul teen ’n rots te pletter geval het.

Samuels, verbonde aan 7 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (7SAI) in Phalaborwa, se pogings om sy vrou se lewe te red, was vergeefs.

“Wat aanvanklik gille van opgewondenheid was, het in ’n bloedstollende gil van angs ontaard toe hulle besef hulle is besig om te val,” het ’n geskokte vrou, wat nie haar naam bekend wou maak nie, kort ná die voorval aan Beeld gesê.

Me. Samuels, tot onlangs toe nog ’n onderwyser by die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, is skynbaar op slag dood.

Die ongeluk het ten aanskoue van talle toeriste, onder wie Frans Effrink van Modimolle (Nylstroom), gebeur.

Effrink het aan die oorkant van die kloof gestaan.

Hy het, onbewus van die noodlottige drama wat hom sou afspeel, ’n video van die Samuels-egpaar se sprong geneem. “Hulle het oor die kloof geswaai. Sekondes nadat hulle begin terugswaai het, het ek ’n klapgeluid gehoor.

“Ek het opgekyk en gesien hoe die katrol wat aan die dik kabel wat oor die kloof gespan is, begin skuif. Die swaaitou het outomaties langer geraak. Die volgende oomblik het die paartjie die rots onder-in die vallei getref. Vir etlike minute was daar doodse stilte terwyl die twee skaars ’n meter bokant die vloer van die vallei gehang het.”

Effrink het gesien hoe kapt. Samuels begin beweeg. “Dis so ’n magtelose gevoel om te hoor hoe desperaat hy om hulp skreeu. Nie een van ons kan iets doen nie.”

Effrink kon sien hoe Samuels mond-tot-mond-asemhaling op sy vrou doen.

Luke Martin, hoof van die provinsiale ambulansdiens in Nelspruit, was lid van die span van die Rooi Kruis se Air Mercy Services (AMS) wat aan die reddingspoging deelgeneem het.

Volgens hom het me. Samuels veelvuldige beserings opgedoen en sy was reeds dood toe hulle haar bereik.

“As gevolg van die steil kranse was dit ’n baie moeilike reddingspoging.”

Die reddingspoging het sowat vyf uur geduur.

Omdat die helikopter nie in die diep kloof kon afsak nie, moes die reddingspan, onder wie insp. Danie Theron van die polisie se reddingseenheid in Witrivier, die draagbare met die Samuels-egpaar daarop teen die steil krans uitsleep.

Kapt. Samuels is met die AMS-helikopter opgepik en na die Nelspruitse Medi-Clinic gehaas. “Hy is in ’n stabiele toestand, maar in hierdie stadium uiters emosioneel,” het Robyn Baard, woordvoerder van die hospitaal, gister gesê.

Volgens konst. Kethimoze Nkosi van die polisie in Graskop vermoed hulle een van die katrolle of ’n rat wat die tou voer, het waarskynlik gebreek.

Hy het gesê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek.

Mike van der Merwe, eienaar van Big Swing wat die swaai bedryf, het gister ontken hul toerusting was foutief.

“Daar was nie fout met ons stelsel nie. Ons het dit getoets.

“Ons wag nou nog vir die uitslag van die ondersoek,” het hy bygevoeg.

- Beeld

Lees meer oor: ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.