Vrou sterf toe kaping misluk
2010-07-02 02:55
Johannesburg – ‘n Bejaarde vrou is dood tydens ‘n mislukte taxi-kaping in Durban se Chesterville-informele nedersetting, het paramedici gesê.
“Na bewering het ‘n groep mans probeer om ‘n taxi te kaap. Die verdagtes het op die taxi geskiet waarna die bestuurder van die pad afgery het om te probeer wegkom,” het Vanessa Jackson, ER24-woordvoerder, gesê.
Die taxi het glo ‘n voetganger getref wat langs die pad geloop het. Sy het ernstige beserings opgedoen.
“Die taxi het daarna ‘n lamppaal getref, deur ‘n heining en die muur van ‘n huis geploeg voor dit in die sitkamer tot stilstand gekom het,” het Jackson gesê.
Volgens Jackson het die bestuurder van die taxi verskeie skietwonde opgedoen. Hy is met ‘n privaat voertuig na ‘n naby geleë hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA