Vrou sterf ná vlamme Pta-huis verswelg
2011-07-07 10:01
Johannesburg – Paramedici sê ‘n 25-jarige vrou het in ‘n brand by ‘n huis in Hannystraat in Pretoria Gardens gesterf.
Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, het ‘n bejaarde vrou ernstige beserings in die voorval opgedoen.
“Vlamme was besig om die huis te verswelg toe paramedici by die toneel opdaag,” het Wicks Donderdagoggend gesê.
Hy sê beide vroue het in die oprit van die huis gelê.
Die jonger vrou is op die toneel oorlede en die bejaarde vrou is na ‘n hospitaal geneem sodat sy vir rookinaseming behandel kon word.
Wicks sê die bejaarde vrou is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand.
Hy het nie aangedui wat die oorsaak van die brand was nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA