Vrou sterf, man kritiek ná motorfietsongeluk
2012-01-01 09:02
Ohannesburg – Een persoon is dood en nog een is kritiek beseer toe ‘n motorfietsryer Saterdag naby Vereeniging in Gauteng beheer oor sy motorfiets verloor het, het paramedici gesê.
Volgens Derrick Banks, woordvoerder van ER24, is ‘n vrou in haar dertigs, wat ‘n passasier op die motorfiets was, op die toneel dood.
Die bestuurder het kritieke beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem.
Banks het gesê dit was nie bekend wat veroorsaak het dat die motorfietsryer beheer verloor het nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA