Vrou sterf in taxi-ongeluk
2012-01-28 23:00
Durban – 'n Vrou is dood en 13 mense is beseer toe 'n taxi Saterdag teen 'n motor gebots het in Durban, het nooddienspersoneel gesê.
Die taxi is teen die kant getref by die kruising van Smith- en Strangerstraat omstreeks 18:00 Saterdagmiddag," het Netcare911-woordvoerder Chris Botha gesê.
"Paramedici het by die toneel opgedaag waar hulle gevind het dat die vrou reeds weens haar beserings gesterf het," het Botha gesê.
"Ses mense is ernstig beseer terwyl sewe passasiers slegs ligte beserings opgedoen het."
Die beseerdes is gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA