Vrou sterf in ongeluk
2011-11-09 18:41
Johannesburg – ‘n Vrou is Woensdag dood en twee ander mense is beseer toe ‘n bakkie teen ‘n motor gebots het in Vanderbijlpark, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê ‘n Volkswagen Jetta het in ‘n sloot langs die kant van die pad beland nadat dit van agter deur ‘n bakkie getref is.
Die bestuurder van die Jetta is op die toneel dood. ‘n Drie-en-twintig-jarige passasier is in ‘n hospitaal opgeneem in ‘n stabiele toestand. Die bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA