Vrou sterf in ongeluk

2010-01-23 09:40
Tweets Share Share line Print

Jana Engelbrecht

Kimberley – ’n Jong ma van Barkly-Wes is hier dood toe sy beheer oor haar bakkie verloor, die bakkie gerol en teen ’n draadheining tot stilstand gekom het.

Die bakkie se band het vermoedelik gebars.

Lientjie Nel (21) is Donderdag dood toe sy omstreeks 16:30 in ’n ongeluk op die N12-hoofpad tussen Kimberley en Modderrivier was.

Supt. Sam Sesing, polisiewoordvoerder, het gesê sy is op die toneel dood.

“Haar veiligheidsgordel was vasgemaak en nooddienswerkers moes dit losmaak om haar uit die wrak te bevry.

“Die Isuzu-bakkie waarmee sy gery het, het aan die linkerkant van die pad afgery, toe weer regoor die pad gery na die regterkant van die pad, begin rol en teen die draad voor die treinspoor tot stilstand gekom,” het hy gesê.

Judy Hattingh, ma van Nel, het gesê sy was op pad van Hopetown toe sy in die ongeluk was.

Nel was ’n areabestuurder van Mega Furniture en het ’n tak van dié maatskappy op Hopetown gaan besoek. “Sy het een keer ’n maand soontoe gery, maar het op Barkly-Wes gewerk.”

Hattingh het gesê Nel was ’n borrelende mens. “Sy was die beste kind waarvoor ’n mens kon vra. Sy het altyd almal se probleme opgelos en planne gemaak.”

Nel se man, Pierre (25), het gesê hy sal nou moet sterk wees ter wille van hul 3-jarige dogtertjie, Kaylle.

“Ek sal haar volgens haar ma se beginsels grootmaak. Ek was baie lief vir Lientjie. Sy was my rots en my maat.”

Nel se begrafnis is Dinsdag om 12:00 uit die AP kerk op Barkly-Wes.

Sy word oorleef deur haar man, haar ma, haar pa, mnr. Marco Hattingh, haar broer, Jumar, en sy vrou, Marize.

- Volksblad

Lees meer oor: motorongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.