Vrou sterf in motorfietsongeluk
2011-05-28 23:26
Pretoria – 'n Vrou is dood nadat haar motorfiets Saterdagoggend teen 'n motor gebots het, het paramedici gesê.
"'n Paramedikus wat nie aan diens was nie, was in die motor waarteen die motorfiets gebots het. Hy het uit die voertuig geklim en die vrou te hulp gesnel," het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
"Die slag van die impak het haar van die fiets af gegooi en sy het langs die verwronge wrak van die motorfiets gelê."
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Die vrou is op die toneel dood.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA