Vrou sterf ná wrede aanval
2010-12-27 14:38
Johannesburg – Die bejaarde vrou wat in haar plaashuis op De Deur, suid van Johannesburg, deur twee voormalige plaaswerkers met 'n pyp oor die kop geslaan is, het aan haar beserings beswyk.
Die 79-jarige Marie Weilbach is verskeie kere aangerand in haar sitkamer op die plaas.
Die twee verdagtes het vroeër die week 'n argument gehad met haar kleinseun, Eon Viljoen, wat ook die bestuurder van die melkplaas is. Die rusie was oor hul salarisse en bonusse.
Hulle het Viljoen toe ingewag by die plaashuis.
Viljoen het na bewering albei doodgeskiet nadat een van die verdagtes met 'n haelgeweer op hom geskiet het.
Polisiewoordvoerder Makgauta Serathi sê Weilbach is Vrydag omstreeks twaalfuur in die Sebokeng-hospitaal oorlede.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.