Vrou sterf in Pretoria-ongeluk
2012-02-07 18:00
Pretoria – ‘n Vrou is dood nadat ‘n taxi Dinsdagoggend teen ‘n bus in Pretoria se middestad vasgery het, het paramedici gesê.
Een van die voertuie het glo oor ‘n rooi lig gery, het Johan Pieterse, woordvoerder van die nooddienste, gesê.
“Paramedici het een kritiek beseerde vrou op die toneel gevind. Sy het ongelukkig gesterf,” het Pieterse gesê.
Vier passasiers van die taxi wat beserings opgedoen het, is na die Tshwane-streekshospitaal geneem.
Die busbestuurder het geen beserings opgedoen nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA