Vrou sterf in Limpopo-ongeluk
2012-02-20 18:54
Johannesburg – ‘n Vrou het Maandag gesterf en ‘n man is beseer toe hul motor teen ‘n bakkie gebots het in Lebowakgomo, het die polisie in Limpopo gesê.
Volgens kapt. Mamphaswa Seabi het ‘n BMW reg van voor teen ‘n bakkie gebots. ‘n Ses-en-dertig-jarige vrou is in die ongeluk dood.
Die beseerde man, wat ook in die motor was, is in ‘n ernstige toestand. Hy is na ‘n hospitaal geneem.
Die twee mense in die bakkie is nie beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA