Vrou sterf in Durban-ongeluk
2012-01-16 22:09
Kaapstad – ‘n Vrou het Maandagmiddag gesterf nadat twee voertuie getref is deur ‘n vragmotor wat buite beheer geraak het in Durban, het paramedici gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ‘n motor het omstreeks 15:00 blykbaar onklaar geraak op die M7 in Durban en van die pad af getrek.
“‘n Ander motor het gestop om hulp aan te bied. Die vragmotor het toe teen die agterkant van hul voertuie gebots.”
Paramedici van Netcare 911 het op die toneel gevind ‘n vrou in haar 50’s is op slag dood. ‘n Ander persoon het slegs ligte beserings opgedoen en ly aan skok.
Paramedici het die pasiënt op die toneel gestabiliseer en haar toe na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24