Vrou steek man glo met broodmes dood
2011-03-09 23:00
Johannesburg – ‘n Vrou van Willowmore is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat sy haar man glo met 'n broodmes doodgesteek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Die paartjie het omstreeks 02:00 Woensdagoggend ‘n hewige argument gehad waarna die vrou glo ‘n broodmes gegryp en haar man doodgesteek het,” het ao. Zandisile Matthew Nelani, polisiewoordvoerder, gesê.
Die voorval het by die paartjie se huis plaasgevind.
Volgens Nelani het die slagoffer op die toneel aan sy beserings beswyk en is die vrou omstreeks 05:00 in hegtenis geneem.
“Die man het sy vrou na bewering gereeld geslaan,” het Nelani gesê.
Die vrou sal Donderdag in Willowmore in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA