Vrou steek kêrel dood
2011-10-10 22:06
Johannesburg – ‘n Vrou het Maandag in die Willowmore-landdroshof verskyn nadat sy na bewering haar kêrel doodgesteek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Chermaine Swart het Francois Swart na bewering Vrydag by Baviaanskloof gesteek ná ‘n woordewisseling, het ao. Zandisile Nelani gesê.
“Die slagoffer het na ‘n nabygeleë huis gehardloop, waar hy die inwoners ingelig het dat hy deur die verdagte gesteek is.”
Die polisie het by die huis aangekom, maar die man het toe reeds aan sy wonde beswyk. Swart is toe in hegtenis geneem.
‘n Saak van moord ondersoek. Die saak is tot 17 Oktober uitgestel.
- Volg Nuus24 op Twitter