Vrou steeds kritiek na graaf-aanval

2010-03-24 22:30
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ‘n 77-Jarige vrou wat deur vier mans met grawe aangeval was, is steeds in ‘n kritieke toestand, het ‘n gesondheidsbeampte van die Vrystaat Donderdag gesê.

Francina Van Vuuren, haar man Boet (80) wat in ‘n rolstoel is, hul twee seuns Marius (44) en Marthinus (35) asook hul neef Juan (13) was Sondagaand deur mans met grawe en messe in Jagersfontein aangeval.

Volgens Jabu Mbalula, 'n woordvoerder, is Francina steeds in die hoësorgeenheid van die hospitaal.

Daar word beweer dat Francina na die agterdeur van hul huis gegaan, nadat sy iemand hoor klop het. Sy was stomgeslaan toe vier mans by die deur instorm.

Supt. Thandi Mbambo, ‘n polisiewoordvoerder het gesê die vrou is met ‘n graaf geslaan en haar hande was vasgebind.

Die jong seun wat in ‘n ander kamer was, is aangerand voordat hy na die sitkamer geneem is waar Boet en sy twee seuns was.

Volgens die polisie het die mans geld van een van die seuns geeïs. Toe hy weier, is hy verskeie kere met die graaf op sy kop geslaan.

Die pa en die ander seun is ook verskeie kere geslaan, het Mbambo gesê.

Die pa het glo later ingegee, en geld uit die kluis gaan haal.

Die mans het weggekom met ‘n 2.2 geweer, ses selfone, ‘n digitale kamera en R38 000 in kontant.

Niemand is tot dusver in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.
  
- Sapa
 

Lees meer oor: aanranding  |  rooftog

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.