Vrou sit ses jaar ná diefstal by skool

2011-07-13 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die finansiële bestuurder van ’n Vrystaatse skool wat meer as R1 miljoen die afgelope vier jaar by die skool gesteel het, is Dinsdag in die Bloemfonteinse streekhof effektief vir ses jaar tronk toe gestuur.

Streeklanddros Jan Greyvenstein het vier jaar van die tien jaar tronkstraf wat hy Sewona van der Westhuizen (35), ’n geskeide vrou ma van een seun van Brandfort, gevonnis het voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort.

Hy het gesê dié soort witboordjiemisdaad neem ongelooflik toe. “Dit spoel soos ’n golf deur die Vrystaat. Dit is nodig dat wet en orde gehandhaaf word en ’n sterk boodskap uitgestuur word dat witboordjiemisdaad nie geduld sal word nie.”

Dié misdaad, soos wat Van der Westhuizen gepleeg het, word die laaste tyd veral deur blanke vroue gepleeg omdat hulle in daardie soort beroepe is waar hulle dit kan doen.

Van der Westhuizen het stil in die beskuldigdebank gestaan en elke nou en dan haar kop instemmend geknik terwyl hy sy uitspraak gegee het.

Toe landdros Greyvenstein gesê het dat sy slinks te werk gegaan het en oor haar “boosheid” gepraat het, het haar skouers geruk. Sy het met ’n sneesdoekie haar oë afgevee.

Sy het vroeër skuld op 128 aanklagte van diefstal van altesaam R1 121 180 van die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort beken. Sy het van 28 April 2007 tot 17 Maart dié geld in bedrae wat wissel van R1 000 tot R55 000 in haar eie bankrekening inbetaal.

Landdros Greyvenstein het gesê hy is oortuig sy is ’n hoogs intelligente vrou wat presies geweet het wat sy doen.

Sy het langer as vier jaar die skoolhoof, sy beheerliggaam en ouditkomitee om die bos gelei deur die stelsel te manipuleer.

Dit is duidelik dat sy die vermoë het om haarself goed te verkoop en dat sy goeie bestuursvaardighede het.

Hy is oortuig dat sy uit ’n sielkundige oogpunt gesien reeds in die eerste fase van die helingsproses is. Sy het skuld beken en berou oor haar dade uitgespreek. Hy aanvaar haar berou as eg, het landdros Greyvenstein gesê.

Hy het gesê die hele aangeleentheid het ’n stukkie ironie. Sy gaan en steel geld by die skool waar haar kind skoolgaan. Die skool kan die geld nie weer terugkry nie. “Dan kom die skool en sê vir u om nie bekommerd te wees nie, want hulle sal u kind tot in matriek versorg.”

Vic de Bruyn van die gespe­sialiseerde handelsmisdaadeenheid het aangekla. Cobus Bredenkamp het vir Van der Westhuizen opgetree.

- Volksblad

Lees meer oor: diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.