Vrou se verkoolde lyk in kattebak gevind
2011-11-03 13:26
Pretoria – Die verkoolde lyk van 'n vrou is in die kattebak van 'n verbrande motor in Cullinan, noord van Pretoria, gevind, het die polisie in Gauteng Donderdag gesê.
"Woensdag omstreeks 21:00 is die erg verkoolde lyk van 'n vrou in die kattebak van 'n wit Hyundai Getz op 'n oop stuk veld in Zambeziweg gevind," het lt.kol. Tshisikhawe Ndou in 'n verklaring gesê.
Inwoners het gesê hoe die motor die pad verlaat en toe ontplof.
Toe die polisie ondersoek gaan instel, is die vrou se lyk in die kattebak van die motor gevind.
Ndou het gesê DNS-toetse word gedoen om die identiteit van die vrou vas te stel.
'n Saak van moord word ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA