Vrou se lyk in puttoilet gevind
2011-12-29 11:11
Johannesburg – ‘n Vrou se lyk is in ‘n
puttoilet in Maswiakae in die suidooste van Limpopo gevind, het die polisie
gesê.
Luitenant-kolonel Ramatseba sê dit wil voorkom of die vrou gestenig is.
‘n Persoon wat die toilet wou gebruik, het omstreeks 09:00 Woensdagoggend op
die lyk afgekom en die polisie gebel.
‘n Sekuriteitswag word in verband met die saak
gesoek, het Ramatseba gesê.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie
en die rede vir die moord is nog nie vasgestel nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA