Vrou se halfkaal lyk in bosse gevind
2010-10-11 19:13
Kaapstad - Die halfkaal lyk van 'n 26-jarige vrou is Maandagmiddag in bosse in Sunnyside-singel in Maitland gevind, het die polisie in Kaapstad gesê.
"Sy was geblinddoek en halfkaal," het ao. Siyabulela Vukubi gesê.
"Ons vermoed sy was gewurg, maar ons kan nie bevestig of sy verkrag is of nie."
Mense met inligting kan die Maitland-polisiekantoor by 021 506 9400.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA