Vrou se bene geamputeer ná Pta-ongeluk
2011-09-15 10:45
Pretoria – 'n Vrou, wat uit 'n bus geslinger is ná 'n botsing op die Moloto-pad, se bene is op die toneel geamputeer, het paramedici gesê.
'n Gesin van vier, waaronder twee kleuters, is dood nadat die motor waarin hulle gery het, teen 'n bus gebots het.
Die ongeluk het 06:00 plaasgevind toe die bestuurder van die motor vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en voor die aankomende verkeer beland het, het Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, gesê.
"'n Eenjarige meisie, 'n driejarige seun en hul ouers, wat in die sedan gery het, is op slag dood."
Japhta het gesê die busbestuurder is in 'n ernstige toestand in die hospitaal.
Sowat 30 ander passasiers, wat in die bus was, is vir skok en ligte beserings behandel.
Japhta het gesê die pad sal tot omstreeks 10:00 vir verkeer gesluit wees.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA