Vrou op straat met byl gedood

2011-04-27 06:49
Tweets Share Share line Print

Welkom. – ’n Verpleegsuster is Dinsdag in die middel van ’n straat deur haar eks-kêrel met ’n splinternuwe byl doodgekap nadat hy teen haar motor vasgejaag het om haar te laat stilhou.

Emily Mojabeng Tabo (36) het al ’n beskermingsbevel teen die man gehad voordat hy haar Dinsdag ná die botsing oorval het toe sy probeer vlug. Hy het haar na die motor teruggesleep en talle kere met die byl gekap. Sy is bykans onthoof.

Inwoners van Koppie Alleenweg voor wie se huise die moord plaasgevind het, het gesê hulle is omstreeks 05:45 gewek deur die bloedstollende gille van ’n vrou.

Sy het onder meer aanhou skreeu: “Help my, help my!”

Een van die inwoners wat anoniem wil bly, het gesê sy is na buite waar sy die erg verminkte vrou langs die middelman in die straat gekry het. Sy was reeds dood en haar moordenaar was weg.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Tabo en ’n kollega was op pad na die Bongani-hospitaal waar hulle werk toe die man van agter teen haar motor gebots het.

Sy het stilgehou en hy het haar uit die motor geruk.

Sy het probeer weghardloop, maar hy het haar oorval en talle kere met die byl gekap.

Thakeng het gesê sy is bykans onthoof, haar een vinger is afgekap en sy het talle kapwonde oor haar arms en hande gehad soos sy probeer keer het.

Die vriendin het om hulp geskreeu, maar toe niemand opdaag nie, het sy weggehardloop.

Die moordenaar, wie se motor in die botsing beskadig is, het in Tabo se groen Toyota Tazz weggejaag.

Die splinternuwe byl, met die prys steeds daaraan, is langs haar lyk gekry. Die moordenaar het enkele ure later naby Brandfort met die motor van die pad gery en in die modder vasgeval.

Hy het ’n insleepdiens gebel wat onraad vermoed en die polisie ontbied het.

Die twee vroue se handsakke is in die motor gekry. Die moordenaar is daar in hegtenis geneem.

Thakeng het gesê die 37-jarige man het pas uit die tronk gekom nadat hy ’n vonnis van vyf jaar uitgedien het weens poging tot moord nadat hy ’n vorige vriendin geskiet en gewond het.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

Lees meer oor: moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.