Vrou ontsnap ná maand-lange aanhouding
2010-05-31 09:37
Johannesburg – ‘n Amerikaanse vrou is vir meer as ‘n maand lank deur ‘n gyselaarsbende aangehou ná ‘n hulle haar van duisende rande besteel het.
Volgens Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, is die vrou na Suid-Afrika gelok met die belofte dat sy R8 miljoen gewen het.
Die bedrieërs het blykbaar reeds verlede jaar met die bedrogspul begin en tussen April en Julie haar van R456 000 besteel.
Vir maande het sy niks meer van hulle gehoor nie, tot April vanjaar toe hulle haar oortuig om na Suid-Afrika te vlieg om haar prysgeld persoonlik te kom afhaal.
Sy moes ook R15 200 saam met haar bring om haar prysgeld van nagenoeg R8 miljoen in te vorder.
Hulle het haar by die lughawe ingewag en ontvoer.
Die vrou is vir amper ‘n maand lank in ‘n huis in Albertsdal, Alberton, aangehou, waar sy een maaltyd ‘n dag ontvang het.
Sy het die 22ste Mei uit die huis ontsnap deur ‘n venster te breek en na die bure toe te gegaan vir hulp.
“’n Intensiewe ondersoek deur die Valke en die SAPD se intelligensiedienste het gevolg, en vier mense is sedertdien in hegtenis geneem,” het Zondi gesê.
Die vier beskuldigdes, drie Nigeriese mans en een Suid-Afrikaanse vrou, sal vandeesweek in die hof verskyn.
– Sapa
Volg Nuus24 op Twitter