Vrou met tuinvurk aangeval

2010-06-05 14:03
Tweets Share Share line Print

Volksblad

’n BLOEMFONTEINSE vrou is in die hospitaal opgeneem nadat sy Vrydagmiddag wreed met ’n tuinvurk in haar huis aangeval is.

Karien van Rheede van Oudshoorn is Vrydagmiddag omstreeks 15:00 in haar huis in Curlewisstraat, Heuwelsig, aangeval.

’n Man wat reeds drie jaar lank vir die Van Rheede van Oudshoorns in hul tuin werk, is vermoedelik vir die aanval verantwoordelik.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige man het Vrydagmiddag vir Van Rheede van Oudshoorn om koerantpapier gevra om ’n sigaret mee te rol.

Toe sy vir hom die deur oopmaak, het hy glo ingestorm en haar met ’n tuinvurk aangeval.

Sy het blykbaar steekwonde in haar nek opgedoen.

Dit is nie duidelik hoeveel keer sy gesteek is nie.

Die man het glo aangedring op geld en sy het vir hom al die geld wat sy in die huis gehad het gegee, voordat hy gevlug het.

Volgens Wrensch is sy in die Bloemfontein-Medi-Clinic opgeneem. Volksblad kon nie Vrydag inligting oor haar toestand kry nie.

Haar familie wou ook nie met Volksblad praat nie, omdat hulle te getraumatiseer was.

Wrensch sê die polisie is steeds op soek na die man en hoop om hom binnekort in hegtenis te neem.

Van Rheede van Oudshoorn het ’n afskrif van sy identiteitsdokument gehad, en die polisie weet dus presies wie hy is en waar hy bly.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: aanrandings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.