Vrou met byl doodgekap
2011-09-02 11:11
Johannesburg – ‘n Vrou is vroeg Vrydagoggend na ebwering deur haar broer in Soweto doodgekap, het polisie in Gauteng gesê.
“Ons is om 04:00 na Zola-een uitgeroep nadat ons ‘n oproep ontvang het van ‘n man in ‘n huis wat probeer om ‘n vrou met ‘n byl te kap,” het ao. Kay Makhubela gesê.
Met die polisie se aankoms was die man steeds in die huis waar hy besig was om by ‘n gat in die dak te probeer ontsnap.
“Ons het hom gevang toe hy [by die dak] afgekom het en mense wat in die buitekamer bly het hom geïdentifiseer as die vrou se broer,” het Makhubela gesê.
Hy is op aanklag van moord in hegtenis geneem en sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.
Volgens Makhubela word daar vermoed dat die man sy suster vermoor het omdat sy die huis by haar ouers geërf het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA